Nuwe Afrikaanse Boeke

Nuwe- en Gunsteling Vrystellings vir Volwassenes

Die Bike-boek

Skrywer: Tobie Wiese (samesteller/compiler)

Oor die boek:

Jy hoef nie 'n motorfiets te besit om deur Die Bike-boek meegesleur te word nie. Die meer as 30 verhale is gerig op enigeen met 'n sin vir avontuur en 'n greintjie van die adrenalienslaaf in hom (of haar!). Dit vertel onder andere van bikers se fisieke en spirituele ervarings op die oop pad, die kameraderie, wat presies by rallies gebeur en die ewigdurende stryd tussen motoriste en motorfietsryers. Die boek bevat persoonlike vertellings en sketse deur gewilde Afrikaanse skrywers, maar ook gewone, passievolle bikers met 'n flair vir woorde.
Wees gewaarsku: as jy nog nie 'n motorfiets besit nie, gaan jy een begeer ná Die Bike-boek.

Oor die skrywer:

Die samesteller is die oudjoernalis Tobie Wiese, wat deur die week joernaliste oplei en oor naweke die langpad vat op sy BMW F650GS.
 
ISBN-13: 9780624047377 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 12 AUG 2009 | UITGEWER: TAFELBERG Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 145.20 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.

'n Beter Hemel
Beter hemel

Skrywer: Danie Schreuder

Oor die boek:

Hierdie bundel vertellings, sketse en verhale is kontreikuns op sy beste. Dit spreek van 'n wysheid gevoed deur 'n baie intieme kennis van en liefde vir 'n spesifieke stukkie aarde. Die mond wat hier vertel, is een wat oorloop omdat die hart vol is, en die hart is vol van die klein plekkie Koringberg en sy omtes. Herinneringkuns is dit wel, maar dan 'n herinnering gegrond in ontroering eerder as idealisering. En die ontroering raak-raak dikwels aan die pynlike eerder as die gemoedelike. Danie Schreuder se vertellings is meestal grootwordstories, en daarom gaan die herinnerings oor daardie aspekte van 'n plattelandse lewe wat 'n jong gemoed gevorm het. Maar dit is wesenlik 'n huldiging van 'n bestaan na aan die aarde, vol van mense wat deel was van daardie grond, daardie lug, daardie see ... Is dit dan veral 'n boek vir diegene wat nog sulke mense kan onthou? Miskien. Maar Schreuder lê deur hierdie karakters 'n tydlose menslikheid bloot, en daarom is dit 'n boek vir almal.
Dit is verhale uit 'n era van godsdiensywer en politieke wrywing tussen Nat en Sap. Te midde hiervan het 'n jong sensibiliteit ontwikkel, veral op die plaas Middeldrift, en uit sy toe reeds skeptiese perspektief kon hy sê: "Middeldrift en die veldjies en brakslote en die rivier het in talle opsigte vir my na 'n beter hemel gelyk."

Oor die skrywer:

Danie Schreuder is gebore in die Koringberg distrik, waar hy op die plase Middeldrift en Broodkraal grootgeword het. Ná matriek op Koringberg, studeer hy in die Natuurwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy hom in 'n onderwysloopbaan bevind - aanvanklik by die Universiteit Wes-Kaapland, en daarna vir vyf jaar as Biologie-onderwyser. Uiteindelik vind hy egter sy nis as onderwyser-opleier, aanvanklik by die Wellington Onderwyserskollege en daarna by die Universiteit van Stellenbosch. Drie van sy vroeëre vertellings is opgeneem in bundels van onderskeidelik Hennie Aucamp (Borde, borde, boordevol: Tafelberg, 1998) en Abraham de Vries (Uit die kontreie vandaan: Human en Rousseau, 2000). Hierbenewens het 'n reeks populêr-wetenskaplike artikels uit sy pen tussen 1998 en 2002 in Die Burger se kinderbylae verskyn. Tans skryf hy in hierdie, sy gunsteling genre, steeds natuur-wetenskaplike artikels vir kinders.

ISBN-13: 9780624047605 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 10 JULIE 2009 | UITGEWER: TAFELBERG | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 136.40 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.

Landskap met diere
Landskap met diere
Landskap met diere

Skrywer: Welma Odendaal

Oor die boek:

Welma Odendaal se besondere stem word deur een leser beskryf as "iets vitaals én talmend-droewig terselfdertyd, iets soos baie goeie jazz". In hierdie vierde kortverhaalbundel verskyn 'n versameling landskappe waarin menslike ervaring uitgebeeld word binne die groter stroming van die verbygaande tyd. In hierdie landskap maak diere hulle verskyning om die skynbare orde te versteur. 'n Likkewaan skuil onder 'n dogter se bed; bosvarke versteur mensgemaakte grense; deur 'n treinvenster word 'n vasgekettingde sirkusolifant gesien. Die verhale is atmosfeerryk en vol suggestie. Dikwels is dit dit wat nié gesê word nie, wat die hardste praat.

Oor die skrywer:

Welma Odendaal was in 1951 gebore. Haar eerste korverhaalbundel was Getuie vir die naaktes (1974), Keerkring (1977) en Verlate plekke (1991). Landskap met diere is haar vierde kortverhaalbundel.

ISBN-13: 9780798150354 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 7 JULIE 2009 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 127.60 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.

In Oneer
In oneer In Oneer

Skrywer: J.M. Coetzee

Oor die boek:

David Lurie, twee maal geskeide Engels-professor van Kaapstad, verlei 'n student. Die gevolg is dat hy sy werk en reputasie kwyt is en uitwyk na sy dogter se plaas in die Oos-Kaap, waar hy stadigaan deur die natuurlike ritme van die plaas tot 'n mate van lewensharmonie terugkeer. Daar is egter 'n plaasaanval waarin sy dogter verkrag en hy wreed aangerand word, wat hom hard konfronteer met die feit dat daar in hierdie land vir hom, 'n ouer wordende wit man, dalk tog nie plek is nie.

Oor die skrywer:

JM Coetzee is in Kaapstad gebore en het in Worcester en Kaapstad grootgeword. Hy het Wiskunde en Engels aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer voordat hy na Londen toe is waar hy as progammeerder vir IBM gewerk het. Hy het aan die Universiteit van Texas'n doktorsgraad oor die werk van Samuel Beckett behaal en het in die VSA gedoseer voordat hy in 1971 professor in Engelse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad geword het. Na sy aftrede in 2002 is hy na Adeleide in Australië waar hy steeds woon, 'n Australiese burger sedert 2006.

ISBN-13: 9781415200797 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 1 AUG 2009 | UITGEWER: RANDOM HOUSE | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 167.20 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.

Bittersoek
Skrywer: Natasha Sutherland

Oor die boek:

Natasha Sutherland was die prinses wat met haar droomprins, 'n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en 'n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer. Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.

In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van 'n enkelvrou oor haar aanbeweeg van "Gebreek", na "Verbind" tot om "Bevry" te wees.

In die drie dele kan jy lees oor ...
? Mans en liefde
? Die huwelik en seks
? Vroue en vriendskap
? Affairs en ontrouheid
? Kinders en egskeiding
? Alleenheid en depressie
? Engele en gebed
? Stilte en dans
... en hoe om 'n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak.

Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie 'n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit 'n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin - soos vergifnis - vir altyd sal verander.

ISBN-13: 9781770311374 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: JUNIE 2009 | UITGEWER: CARPE DIEM | AFLEWERINGSTYD: BINNE 24-uur | PRYS: R 115.00 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.

Kos uit die Tuin
Kos uit die tuin Kos Uit Die Tuin: 'n Suider-Afrikaanse Gids Om Jou Eie Vrugte, Groente En Kruie Te Kweek
 
Skrywer: Sonja Jordt

Oor die boek

Kos uit die tuin is 'n versameling van 100 resepte met groente of vrugte as een van die hoofbestanddele. Dis maklik en bekostigbaar, en die lekkerte is dat jy die groente en vrugte in jou eie agterplaas kan plant. Ons wys jou hoe om jou lappie grond voor te berei en te bewerk, gee plant- en oeswenke asook inligting oor die voedingswaarde van elke groente- en vrugtesoort. Kos uit die tuin bevat 'n keur van Sonja Jordt se resepte wat sedert 2004 in Tuis en Home verskyn het.
Beskikbaar in Engels: Food from the Garden.

Oor die skrywer:

Sonja Jordt het 'n passie vir kosmaak en was onder meer die kosredakteur van Rooi Rose en Sarie voor sy haar in 2004 by Tuis aangesluit het. In haar loopbaan wat oor 18 jaar strek, het sy reeds verskeie gesogte toekennings in die Suid-Afrikaanse kosbedryf ontvang.

ISBN-13: 9780624047124 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 11 AUG 2009 | UITGEWER: STRUIK UITGEWERS | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 99.44 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.

Voetstoots
 Voetstoots Voetstoots

Skrywer: John Miles

Oor die boek:

'n Aangrypende roman oor die lotgevalle van die gewone mens in 'n samelewing waar geweld net onder die oppervlakte lê. Die vreemdeling August vestig hom op 'n klein Weskusdorp om sy redigeringswerk aan 'n pasontdekte dagboek van 'n 18de eeuse ontdekkingsreisiger af te rond. Onverwags bevind August homself op die drumpel van 'n vertroostende verhouding met 'n polisievrou. Die liefde wat tussen August en Tessa ontstaan, word egter bedreig deur die terugkeer van Tessa se man. Soos in John Miles se vorige roman, Die Buiteveld, word die kompleksiteit van 'n mens se verlede deurgetrek na die sosio-politieke situasie van die dag met verwysings na die skuld oor die koloniale verlede en veral oor apartheid. "Die verlede is 'n denkbeeld waarvan jy nie kan loskom nie," besef August.

Oor die skrywer:

Johannes Daniel (John) Miles is op 1 Augustus 1938 in Port Elizabeth gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Erasmus op Bronkhorstpruit. Hy het 'n MA-graad in sosiologie aan die Universiteit van Pretoria verwerf, en behaal ook later 'n honneursgraad in Afrikaans. John word lektor in Afrikaanse taalkunde aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sedert 1967 was hy lank verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand se Departement Afrikaans en Nederlands. Sy eerste gedigte verskyn in 1963 in Standpunte en een gedig in DJ Opperman en Le Roux se Stiebeuel 2 van 1965. Hy debuteer in 1970 met die kortverhaalbundel Liefs nie op straat nie. In 1991 verskyn Kroniek uit die doofpot, wat bekroon is met die M-Net-, die CNA- en die Helgaard Steyn-prys. Sedert sy aftrede in 1998 bly hy op 'n plaas, Katstaartlaagte, naby Nieuwoudtville. Hier boer hy met rooibostee, olyfbome en boegoe.

ISBN-13: 9780798150804 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 28 JULIE 2009 | UITGEWER: TAFELBERG | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 171.60 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.

Ed van Inligtingstelsels
Ed Van Inligtingstelsels

Skrywer: Jaco Fouche

Oor die boek:

Ed is al bykans twintig jaar lank 'n maatskappyman. Sy vrou het hom gelos en hy is moeg vir sy werk, vir sy gefrustreerde ambisie as skrywer, en veral vir die gevoel dat absoluut niks is soos dit moet wees nie. Dit lyk vir hom meer en meer asof hy nie anders sal kan as om drastiese stappe te doen nie ... Hierdie roman gaan alkoholiste na die AA laat stroom; kantoorwerkers daardie gastehuis in Waterval-Boven waaroor hulle droom, laat oopmaak; dit sal verslind word soos 'n honger mens 'n bord Spur-chips met 'n lekker sousie daaroor geniet. Veral vir bewonderaars van werkersklasromans soos Somer II en Bright Lights, Big City, en kenners van oopplankantore.

Oor die skrywer:

Jaco Fouché is op Klerksdorp gebore. Hy matrikuleer in 1985 aan die Hoërskool Hermanus. Dit was in die Hermanus Times dat van sy eerste skryfwerk in die vorm van koerantberigte verskyn het. Hy het later 'n joernalistiekkursus aan die Kaapse Technikon geloop en toe as programmeerder begin werk. Enkele jare later is hy na Europa op 'n reis wat in sy debuutroman, Ryk van die rawe, sou neerslag vind. Met sy terugkeer het hy homself in die Karoo gevestig met die doel om voltyds te skryf. Vir 'n tyd lank was hy kopieskrywer by 'n TV-kanaal voordat hy hom in Bloemfontein gevestig het om hom met veral vertaalwerk - en natuurlik skryf - besig te hou. Ryk van die rawe is met die Eugène Marais-prys in 1997 bekroon en was finalis vir die M-Net-Literêre Toekenning. Ander publikasies deur Fouché sluit in: Paartie by Jake's, Die avonture van Pieter Francken, Twee dae in Mei en Skrywersblok.

ISBN-13: 9780799344585 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 1 JULIE 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 114.40 (insl. BTW) * Bespaar R15.60!

Kliek hier om nou te bestel.

Boheem
Boheem

Skrywer: Chanette Paul

Oor die boek:

Om vrygespreek te word op aanklag van moord, beteken nie dieselfde as om onskuldig bevind te word nie. En onskuld word nie maklik bewys nie. Veral nie ? tweede maal nie. Drie jaar na die moord op haar man, wen Kayla Cilliers ? skryfkompetisie en gaan na die kunstenaarskolonie, Bohemia, om haar manuskrip onder leiding van die wêreldbekende skrywer, Rose-Anne Lockwood, af te rond. Kort na haar aankoms, kom Kayla op ? lyk af en dis nie net Mitch Lockwood wat wil sorg dat sy dié keer nie skotvry kom nie. Boheem is die derde boek in die reeks wat met Springgety afgeskop het en in Fortuin verder gevoer is. Gys Niemand moet weer sy speurvernuf inspan - al is dit uit 'n heel ander hoek as die speurders wat Kayla wil vastrek.

Oor die skrywer:

Chanette Paul is in Johannesburg gebore, maar het nomadies grootgeword - onder meer nege skole bygewoon en aan vyf universiteite studeer. Sy woon tans op Stanford in haar skewe pophuis op die oewer van die Kleinerivier saam met haar wit, Persiese kat, Vasti. Haar lewe draai die afgelope tien jaar om stories. As sy nie haar eie skryf nie, help sy ander skrywers om hulle s'n te ontwikkel. Sy is dol op lees, het 'n passie vir musiek, swem, skubaduik en snorkel. Chanette hoop om eendag haar roeivermoëns te verbeter wanneer haar spaarrekening genoeg vir 'n kajak oplewer. Op soek na 'n held is haar een-en-twintigste boek.

ISBN-13: 9780799344646 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 1 JULIE 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 149.60 (insl. BTW) * Bespaar R20.40

Kliek hier om nou te bestel.

Thula-thula

Skrywer: Annelie Botes

Oor die boek:

Op 'n wintermiddag kom Gertruida terug Kiepersolkloof toe nadat haar pa en ma op die dorp begrawe is. Haar hart juig. Dit was nie haar pa en ma nie. Dit was Abel en Susarah. Mense wat wandel met God. En ingehaak is by Satan. Sy was nie hulle kosbare kroonkiewietjie nie. Toe sy nog wou naaldekokers jaag, het Abel haar lyfie gesteel en haar met die naglikkewaan gedreig. Kindvrou wat nakend in die maanlig voor die venster dans, terwyl Susarah agter digte gordyne slaap. Of is sy wakker?
Sy klik die hekslot toe. Voortaan moet sy haar eie lewe lei. Maar sy weet nie hoe nie, want om te haat, ken sy. Maar die liefde verstaan sy nie. Haar grense is vernietig. Die enigste plek van genade wat ooit háre was, is die kliphuis wat sy in 'n afgeleë kloof gebou het.
In die huis teen die bergrant sit Mama Thandeka met 'n droewe hart. Vir drie-en-vyftig jare het sy gesien hoe sak die swart kombers op Kiepersolkloof af. Snags is sy gepla, want daar's dinge wat haar innig spyt. Sy was Abeltjie se swart mama, en toe sy moes gepraat het, het sy ge-thula. Nou is praattyd verby. Al wat oorbly, is om die papas en mamas se geeste nader te roep en te sê: Sit by my, luister mooi. Sodat sy, voor iNkosi, die waarheid kan uitsê.
En Maandag wil sy met haar notsungkierie werf toe sukkel om Gertruida bietjie te gaan vashou. Al wil sy van niemand vasgehou wees nie.

Oor die skrywer:

Annelie Botes is gebore in Junie 1957 op die plaas Grootfontein in die Kammanassie naby Uniondale. Sy is gedoop, geskool, getroud op Uniondale en het in 1986 'n onderwyslisensiaat in klavier aan Unisa behaal. Sy was onder meer 'n musiekonderwyseres en kerkorreliste. Haar eerste skryfwerk is gepubliseer in die destydse Brandwag toe sy 18 was. Ná baie jare van stilte begin sy in 1994 aktief skryf. Ongeveer 50 kortverhale en novelles het reeds in Huisgenoot, Sarie en Rooi Rose. verskyn. Sy debuteer in 1995 met die roman Trippel Sewe en later in 1995 verskyn Ribbokvoete, en in 1997 verskyn Klawervier by Tafelberg-Uitgewers, waarvoor sy die ATKV-prys vir gewilde prosa ontvang. Sy is ook gewild vir haar Goeie Môre-rubriek in Volksblad en Van Alle Kante-rubriek in Die Burger, en is ook 'n gewilde gasspreker.
 
ISBN-13: 9780624046851 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 22 JUNIE 2009 | UITGEWER: TAFELBERG | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 145.20 (insl. BTW)
* Bespaar R19.80

Kliek hier om nou te bestel.

50 Stemme
                    
50 Stemme50 Stemme: Die Grootste Name in Afrikaanse Musiek

Author: Ilza Roggeband

Oor die boek:

  • Hoekom wou Kurt Darren sy hare blou kleur?
  • Wat het Steve Hofmeyr in Gobabis vir Juanita du Plessis gesê?
  • Waar was Theuns Jordaan toe hy die eerste keer "Loslappie" gehoor het?
  • Wat is die ooreenkoms tussen "Ou ryperd" en ABBA?
  • Hoekom moes Carike Keuzenkamp klere by haar buurvrou leen?
  • Waar het Bles Bridges die eerste keer rose by sy konserte uitgedeel?
  • Waar was David Kramer toe hy "Stoksielalleen" geskryf het?
  • Hoekom is liedjies van Cora Marie en Groep Twee deur die SAUK verbied?
  • Wat dink Koos Kombuis is sy grootste bydrae tot Afrikaanse musiek?
  • Waar is die een plek waar Mimi Coertse nooit die kans gekry hetom op te tree nie?
  • By wie het Rina Hugo klere geleen vir 'n internasionale sangkompetisie?
  • Wat is die storie agter Amanda Strydom se "Ek loop die pad" en Chris
  • Chameleon se "Sterredank"?
  • Wat het 'n selfoon-luitoon met Nicholis Louw se treffer "Rock daailyfie" te doen?
Hierdie is maar net 'n paar van die interessante vrae wat in 50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek beantwoord word. Die boek bestaan uit 50 hoofstukke - van Amanda tot Valiant, van Die Briels tot Fokofpolisiekar.Daar is onderhoude met van die grootste rolspelers in Afrikaanse musiekasook kostelike staaltjies en pragfoto's van toeka tot nou. The artists include: Amanda Strydom, André Schwartz, Anneli van Rooyen, Anton Goosen, Bles Bridges, Bok van Blerk, Brasse vannie Kaap, Carike Keuzenkamp, Chris Chameleon, Coenie de Villier, 
Cora-Marie, Cutt Glas, Danie Niehaus, David Kramer, Die Briels, Dozi, Eden, Elzabé Zietsman, Fokofpolisiekar, Gé Korsten, Gert Vlok Nel, Gian Groen, Groep Twee, Jan Blohm, Jannie du Toit, Johannes Kerkorrel, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Kobus, Koos du Plessis, Koos, Kombuis, Kurt Darren, Lance Jamesm, Laurika Rauch, Leon Schuster, Lize Beekman, Lucas Maree, Mimi Coertse, Min Shaw, Mynie Grové, Nicholis Louw, Patricia Lewis, Piet Botha, Rina Hugo, Robbie Wessels, Ronéll Erasmus, Sonja Herholdt, Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan
Valiant Swart

ISBN-13: 9780908387908 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 1 SEPTEMBER 2009 | UITGEWER: JONATHAN BALL | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 202.40 (insl. BTW) * Bespaar R27.60

Kliek hier om nou te bestel.

Nuwe Boeke vir Kinders en Jeug

In 'n huis, in 'n huis (3+)
In 'n huis, in 'n huis

Skrywer: Wendy Hartmann
 
Oor die boek:

Een nag toe die wind aan die rame kom ruk,
het 'n hand uit die donker 'n stuk kaas kom
pluk. En net toe dit blits, klink 'n
KLOP
AAN
DIE
DEUR!
Muis spring uit sy bed en toe hoor hy dit weer!
Wie is daar en wat is die snaakse geluide wat ons hoor in die huis, in die huis?
'n Prettige rymstorie, vertaal en berym deur Philip de Vos.
 
Ook in Engels: In a house, in a house.
 
Oor die skrywer:

Ander titels deur Wendy Hartmann: Die kort pad/The Short Cut, Key in the Casket/Sleutel in die kissie, Stemme in die nag/Voices in the Dark, The Black Dog/Die swart hond, Een winderige aand, Heel belangrikste werk/Most Important job, Donsie en Lieflap maak pret/Tuft and Patch Play Games, Donsie kry 'n troeteldier/Tuft Finds A Pet, Tuft and Patch Make Paterns, Waar is Lieflap/Where is Patch? Wendy woon in Tafelsig.

ISBN-13: 9780798150545 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM:  28 JULIE  2009 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 83.56 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.

Walvisse en Dolfyne (5-7)
Walvisse en dolfyneWalvisse En Dolfyne (Ek wonder waarom-reeks)
  
Author: Mike Bostock, Judy Allen

Oor die reeks:
 
Ontdek die antwoorde op al jou vrae en kyk hoe die tonele onverwags verander as jy die flappe omblaai.

ISBN-13: 9780799344103 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: APRIL 2009 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 59.84 (insl. BTW)
 
Klik hier om nou te bestel.
Roset (7-9)
Roset Roset (Boek 8 in die Staalmaats-reeks)
  
Author: Lize Roux

Oor die boek:  

Die groot dag het uiteindelik aangebreek - Anri gaan vir die eerste keer saam met Sugarplum aan 'n ruiterkompetisie deelneem! Maar iets geheimsinnig is by die kompetisie aan die gang ... Kos verdwyn links en regs, en Karen is vasbeslote om die dief te vang. Boonop is Vinette weer vas van plan om Anri-hulle 'n les te leer ...

ISBN-13: 9780799344455 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: APRIL 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 49.28 (insl. BTW)

Klik hier om nou te bestel.
Lili se boekklub (9+)
Lili se boekklub (9+)

Skrywer: Emma Thomson
 
Oor die boek:
 
Nie eens in Lili se wildste drome het sy gedink dat 'n boekwinkel so bekoorlik kan wees nie. Sy ontdek 'n geheime boek wat haar lei na 'n geheime deurtjie wat uiteindelik lei na die grootste geheim in Feetjieland!
  
ISBN-13: 9780799344578 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: JUNIE 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R44.00 (insl. BTW)

Klik hier om nou te bestel.
Bessie Hemelbesem en die ekspedisie na Daërdoer (11+)
Bessie Hemelbesem daardoer Bessie Hemelbesem en die ekspedisie na Daërdoer

Skrywer: Janie Oosthuysen
 
Oor die boek:

'n Gewurgde kreet. Dit is waarmee Bessie se nuutste avontuur afskop. Het iemand dalk probeer om tant Potjierol te verwurg? En wie op aarde het al Pietersielie die seekoei se seldery gesteel? Bessie kan nie wag om haar speurvernuf te toets en ondersoek in te stel nie. Dit lyk sowaar of iemand probeer keer dat tant Potjierol en Pietersielie aan die Ek-en-my-troeteldier-kompetisie in Daërdoer deelneem ...

Oor die skrywer:
 
Janie Oosthuysen is die vertaler van die Harry Potter-reeks en verskeie ander boeke waaronder Artemis Fowl en die Narnia-reeks. Daar het egter ook reeds meer as 16 humoristiese-, liefdes- en avontuurverhale uit haar pen verskyn. Sy het die CP Hoogenhout-medalje en die ATKV-Kinderboektoekenning ingepalm. Janie woon in Kaapstad en word beskou as een van die mees innoverende kinderboekskrywers in Suid-Afrika. Haar werk sluit in Die verlore eiland, Daar is vlooie in my bed en Die verlore eiland.
 
ISBN-13: 9780799344547 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: AUG 2009 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 61.60 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.
Dieter en Madame Zenobia
Dieter en Madame Zenobia

Skrywer: Nelia Engelbrecht
 
Oor die boek:
Dieter en Krynauw, twee graadsewes, beland in die kloue van Madame Zenobia, toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool - hulle is veral bekommerd oor hulle rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp.

Lekker skerp dialoog, humor en spanning.
 
Oor die skrywer:
 
Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore en getoë. Deur die jare het sy vir verskeie publikasies as joernalis gewerk en talle artikels en berigte gepubliseer. In 1994 begin sy fiksie skryf. Sy het tot dusver ongeveer 65 kortverhale in verskeie vrouetydskrifte en kortverhaalbundels gepubliseer ...
 
ISBN-13: 9780798151016 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 10 AUG 2009 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 84.48 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.
Mnr. Humperdinck Se Wonderlike Watsenaam
Mnr. Humperdinck Se Wonderlike Watsenaam

Skrywer: Wynand Louw
 
Oor die boek:

Pete Smith glo nie aan fantasie en towery nie, maar hy moet sy siening heroorweeg toe iemand vermoor word en hy op pratende muise en vlieënde vullisblikke moet staatmaak om hom van hordes seuns-vretende rotte te red.
'n Lekker avontuurverhaal met skerp dialoog, fyn humor en interessante, menslike, sowel as fantasiekarakters. Dit is een van daardie boeke wat jou met die eerste paragraaf intrek en nie los voordat jy klaar gelees het nie.
 
Oor die skrywer:
 
Wynand Louw is 'n baie besige neus-, oor- en keelspesialis en praktiseer in Kaapstad. Hy gee ook klas aan die Tygerberghospitaal se opleidingseenheid. Wynand woon in Tableview.

ISBN-13: 9780798151023 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 11 AUG 2009 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 118.20 (insl. BTW)
 
Kliek hier om nou te bestel.
Blokraaisels vir aapsterte
Blokraaisels vir aapsterte
 
Skrywer: Talana Schoeman
 
Oor die boek:

Uiteindelik - 'n prettige manier om goeie spelvaardigheid aan te leer! Hierdie boek sal ouers en onderwysers help om 'n grondslag vir algemene taalvaardigheid in Afrikaans te lê. Die skrywer, 'n voormalige onderwyser, het gaandeweg besef dat jong kinders se spelvaardigheid merkbaar verbeter kan word deur die voltooi van eenvoudige blokraaisels. Die 50 blokraaisels in hierdie boek is ontwikkel met die jong laerskoolkind in gedagte, maar sal ook ouer kinders of kinders vir wie Afrikaans 'n tweede of derde taal is, se spelvaardigeheid oefen. Met prente sowel as woorde as leidrade word die kind se begrip op twee vlakke getoets. Die blokkies is ekstra groot sodat letters in 'n grootte waarmee kinders gemaklik is, ingevul kan word. So leer kinders speel-speel en ontdek hulle sommer ook van kleins af die lekkerte van blokraaisels - 'n gunstelingtydverdryf van so baie grootmense!
 
Oor die skrywer:

Talana Schoeman is 'n voormalige laerskoolonderwyseres. Sy woon in Stellenbosch en het twee volwasse kinders.

ISBN-13: 9780624047643 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM:  10 JULIE  2009 | UITGEWER: TAFELBERG | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 69.52 (insl. BTW)
 
Kliek hier om nou te bestel.
Thomas@geraamte.net
Thomas@geraamte.net Thomas@geraamte.net
 
Skrywer: Carina Diedericks-Hugo
 
Oor die boek:

Thomas@geraamte.net is die sewende boek in die gewilde Thomas@-reeks waarvan daar altesaam reeds sowat 80 000 kopiee verkoop het. Hierdie keer gaan Thomas-hulle op 'n rugby- en netbaltoer na Namibië en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig 'n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer.
 
Oor die skrywer:
 
Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het groot geword in Pretoria en Kaapstad. Na matriek aan Herschel Girls' School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds vyf maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as uitgewersredakteur by Protea Boekhuis. Sy bly saam met haar man, die digter Daniel Hugo, en vier katte in Stellenbosch. Sy put haar inspirasie uit haar man, bling-bling, Villiera Tradition Brut, sjokoladekoek sonder versiersuiker, kwaito en Sondae op Greyton.

ISBN-13: 9780799345100 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 1 JULIE 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 61.60 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.
Perfek
PERFEK (13+)

Skrywer(s): Jaco Jacobs
 
Oor die boek:
 
Blonde hare ... Helderblou oë ... 'n Skitterwit glimlag ... Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan ...
 
ISBN-13: 9780799344325 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: APR 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 69.52 (insl. BTW)

Klik hier om nou te bestel.
Virus (13+)
Virus (13+)

Skrywer: Jaco Jacobs

Oor die boek:
 
Bly weg van daardie goed wat in die strate ronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie en vriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisie op wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is, verskeur hulle jou binne sekondes. As jy nie so gelukkig is nie en dit oorleef ... wel, dís die scary deel. Net sewe dae. Dis al wat nodig is om die wêreld tot stilstand te ruk. 'n Week gelede was Jake nog 'n doodgewone sewentienjarige. Nou is hy een van die enigste oorlewendes in 'n verwoeste stad. Daarom vat hy die pad op soek na sy pa. Maar ná die uitbreek van die virus is die wêreld 'n vreemde, skrikwekkende plek waar gevaar om elke draai skuil en waar jy nooit seker is wie jy kan vertrou nie.

ISBN-13: 9780799344592 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 1 JULIE 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 70.40 (insl. BTW)

Klik hier om nou te bestel.
 
Ons hoop julle het hierdie geniet en 'n boek of twee gekies wat julle op julle eie missies sal help!

nike shox cheap nfl jerseys cheap mbt